Lees meer oor #KAMERS2019 in die Beeld.com! Wat ‘n wonderlike inisiatief om mense meer bewus te maak van enkelgebruik-plastiek saam met Consol Glass.


Beeld, 24 Augustus 2019
Quercus Health is n klein familiebesigheid wat ontwikkel het uit ‘n bye-stokperdjie, nadat Marius Brundyn afgele is by sy werk in ‘n landbouchemiese maatskappy.
Ons spesialiseer in Rou heuning en unieke, gesonde “foodie” produkte en geskenke. Ons gebruik net Suid-Afrikaanse Rou heuning en gesertifiseerd organiese speserye en koffie in ons reeks. Ons is ware boetiek byeboere met 120 korwe versprei oor die hele Mpumalanga.
Ons het n passie vir die omgewing, vir weerlose gemeenskappe en vir gestremde/ anders bevoegde mense. Dus het ons samewerkingsooreenkomste met ‘n gemeenskap van gogo’s wat weeskinders onderhou deur hekelwerk. Hulle hekel vir ons ratels wat ons gebruik saam met die heunings in n poging tot bewusmaking om die ratels in Suid-Afrika te beskerm. Ons het 4 mense wat verskillende aspekte van die besigheid hanteer wat anders bevoeg is. (Marius self se regtervoet is geamputeer na n motorfietsongeluk.)